Rhythm of Life (oudit)
God roep jou met die wonderlike uitnodiging, "Kom na my toe". Wanneer ons na God toe kom, antwoord ons vanuit ons regte lewens. Trevor Hudson herinner ons dat God se huisadres ons gewone lewens is. As volgelinge (of dissipels) van Jesus leef ons elkeen vanuit die spesifieke ritmes van ons lewens. In hierdie vraelys kyk ons na die huidige realiteite van ons lewens. Dié vraelys is nie 'n toets wat jy kan dop nie. Die vrae help ons om te verken vanwaar God ons nooi. Vra die Here om by jou te wees as jy hierdie vrae so eerlik as moontlik invul. Die resultate sal konfedensieel gehou word. As jy enige vrae het kan jy gerus vir Tom Smith epos by: tom@rhythmoflife.co.za of kontak by 0726005016
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Email *
Naam en van (opsioneel)
Ek het aktiewe planne om 'n gesonde werk/lewe balans te handhaaf *
Ek beleef God as Vader, Seun en Gees omdat ek met gesonde beelde van God leef *
Ek eet gereeld etes saam met my vriende waartydens ons kan feesvier en treur *
My woonbuurt en stad is 'n beter plek omdat ek daar woon, ek is bewus van die uitdagings wat die gemeenskap beleef *
Ek probeer om eers ander mense te verstaan voor ek self verstaan wil word *
Ek sien my lyf as 'n geskenk van God en daarom versorg ek dit *
Ek glo dat ek nie Jesus alleen kan volg nie en daarom is 'n geloofsgemeneenskap en die deel van my lewe vir my belangrik *
Ek ontwikkel ten minste een keer 'n week 'n spasie van stile om na God te luister *
Ek ervaar gereeld God se vergifnis en kan daarom ander vergewe *
Ek onderskei gereeld saam met ander dissipels wat dit beteken om Jesus in Suid Afrika te volg *
Ek ontwikkel my gawes, talente en vaardighede om ander te dien *
My verhouding met God help my om meer soos myself te word *
Ek ken die bure in die blok waar ek woon *
Ek streef daarna om eenvoudiger te leef sodat ander eenvoudig kan leef *
Ek vergeef die wat teen my sondig en my uitsluit *
Ek ervaar God se vreugde en liefde vir my *
Ek weet op watter maniere ek God se stem die maklikste hoor *
Ek is nie jaloers op ander se gawes nie, en is bly saam met die wat floreer in hul diens *
Ek erken my gebrokenheid en verwondheid *
Ek spandeer gereeld tyd met mense wat anders (geloof/agtergrond) as ek is *
Ek weet Jesus het baie oor geld gepraat en daarom soek ek na God se wysheid wanneer dit by finansies kom *
Ek maak die omgewing waar ek maak mooi, en probeer die goedheid van God daar beliggaam *
Vriendskap met God help my met my geneigdheid tot meder - en minderwaardigheid *
Ek lees gereeld die Bybel en ervaar die lees daarvan as vormend *
Ek ontmoet ten minste een keer 'n week met vertrouelinge wat my ken en my liefhet *
Ek betreur die lyding van ander mense en nie net die pyn en hartseer van die mense naaste aan my nie *
Ek verstaan my lewensverhaal en voel dat ek 'n doel hier op aarde het *
Ek gee geld op 'n vrygewige en vreugdevolle manier, en ek begin met 'n tiende *
Ek erken, bely en werk aan my vooroordele en rassisme *
Ek ken die gevaartekens van oorwerk in my lewe raaksien en weet wat om in sulke situasies te doen *
Ek het vriende in my lewe wat my aanspreek as my geloof en dade nie ooreenstem nie *
Ek ontwikkel tye om gedurende die dag met God te praat *
Ek gebruik my gawes om Suid Afrika 'n beter plek te maak *
My werk dwing my nie om onetiese praktyke te beoefen wat die samelewing benadeel nie *
Ander mense ervaar my nie as iemand met destruktiewe emosies nie *
In sosiale omgewings probeer ek die mense wat uitgesluit word in te sluit *
Ek het my persoonlikheid/temprament ontdek en dien vanuit my uniekheid *
Ek glo God luister na my en wil met my praat *
My lidmaatskap in 'n Jesus gemeenskap (kerk) is vir my 'n saak van toewyding *
Ek weet dat God almal op aarde oneindig liefhet *
Ek eksperimenteer weekliks met die geestelike dissiplines *
Die mense rondom my ervaar dat ek ten volle teenwoordig in hulle geselsskap is *
Ek is diep bewus van die ongeleikhede in ons land (arm en ryk) en ook in die wêreld en besef hoe mense se lewensomstandighede lyk *
My werkskollegas sal getuig dat my geloof en dade getuig van die lewe van 'n Jesus volgeling *
Ek glo dat die liggaam van Christus baie dele het en dat ek 'n unieke bydrae het om te maak *
Ek is bewus daarvan dat my ware geloof en prioriteite in my kalender en my begroting uitgebeeld word *
Ek glo God het mense van alle kulture en gelowe ewe lief *
Ek glo dat ons geloof 'n verskil in die samelewing kan maak omdat ons sout en lig is *
Wanneer ek aan God dink vergelyk ek dit met wat ek in Jesus sien *
Ek ontwikkel gewoontes om saam met God te wandel in goeie en slegte tye *
My naaste vriende bid vir my swakhede en my wondbaarheid (vulnerability) *
Ek vra mense om vir my terugvoer te gee oor my gawes en bydraes *
Wanneer ek die "Ons Vader" bid, is my "ons" gevul met 'n diverse groep mense en nie net die wat soos 'ons' is nie. *
Ek glo God is 'n Geneesheer wat my hele lewe wil heelmaak *
Ek verhoog nie konstant my lewensstandaard nie en beveg aktief materialisme en vergelyking wat onvergenoegdheid voed *
Ek is eerlik met God en myself oor my vrese en dit wat my seermaak *
Vanuit my verstaan van God ontdek ek my selfwaarde en identiteit *
My vriendskapsbande inspireer my om Jesus te volg, veral om God meer lief te hê as geld *
Ek beoefen maniere om na my siel se gesondheid te kyk *
Mense gee my terugvoer oor die manier waarop my dienswerk die wêreld 'n beter plek maak *
Ek is bewus van die sosiale ongeregtighede in ons land en soek aktief maniere hoe ek kan hande vat met ander om by die weerbares te staan *
Ek het vriende wat ander geloofsoortuigings as ek het, en hulle beleef my as respekvol *
Ek is bewus van my verslawings en toksiese gewoontes en is aktief besig om heling te soek *
Ek praat met God oor my daaglikse werk en soek God se wil in my beroep *
Ek is bewus van die afgode in my lewe wat verhinder dat ek God eerste plaas *
Ek spandeer tyd met wyse mense wat al verder op die Jesus pad gewandel het (soos 'n geestelike begeleier of 'n mentor) *
Ek ervaar dat God met my praat *
Ek verstaan Jesus se hart vir die "geringstes van hierdie" en lewe met 'n openheid vir die siekes, vreemdelinge, hongeres en die wat dors is *
Ek is stadig maar seker besig om die persoon te word wat God my gemaak het om te wees *
Ek is proaktief besig om as vredemaker in my konteks op te tree *
Ek glo God is lief vir my met al my verslawings en sondes *
Ek weet dat ek ook in voltydse bediening staan en leef vanuit hierdie bewustheid *
Ek is gasvry teenoor die jong kinders in my geloofsgemeenskap en aanvaar die rol wat ek in hulle lewens, en hulle in myne speel *
Ek het my verlede vewerk en leef daarom nie meer in die verlede nie *
As 'n gelowige wat Jesus volg glo ek dat al my hulpbronne aan God behoort en dat ek 'n rentmeester daarvan is *
Ek glo my lewe is vervleg met die lewens van die wat anders as ek is *
Ek skakel op 'n weeklikse basis by ander gelowiges in wat saam God aanbid *
Ek ervaar God se genade as vergifnis van sonde en bekragtiging vir groei *
Ek het mense in my lewe wat anders as ek is (agtergrond / ras / klas / kultuur) en hulle sal my beskryf as 'n vriend *
Self te midde van pyn en lyding ervaar ek God se goedheid *
A copy of your responses will be emailed to the address you provided.
Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
reCAPTCHA
This form was created inside of Rhythm of Life. Report Abuse