Share

Brand-ritueel: ‘Toets hul bloed’

Die staat wil bloedmonsters van vier jong mans neem wat daarvan beskuldig word dat hulle twee meisies in ’n vermoedelik satanistiese ritueel aan die brand gesteek het.

Mnre. Lindon Wagner (21), Robin Harwood (18), Lester Evan Nathaniel Moody (18) en Jeremy King (18) het gister op twee aanklagte van poging tot moord in die Johannesburg-streekhof verskyn.

Hulle het me. Kirsty Theologo (18) en haar 14-jarige vriendin glo Vrydagaand met toue vasgebind, petrol oor hulle uitgegooi en hulle aan die brand gesteek nadat hulle saam met dié twee slagoffers en nog twee minderjarige meisies op een van die koppies agter The Glen-winkelkompleks in die suide van Johannesburg gekuier het.

Die polisie het vroeër gesê twee van die vier meisies kon hulself bevry en weghardloop.

Die vier mans het hulself onderskeidelik Sondag en Maandag aan die polisie oorgegee.

Me. Colleen Ryan, staatsaanklaer, het streeklanddros Lucas van der Schyff gister gevra om te gelas dat die beskuldigdes vir die volgende week by die Booysens-polisiekantoor aangehou word vir verdere ondersoek.

“Die staat wil graag bloedmonsters van die beskuldigdes neem sodat dit met bloed vergelyk kan word wat op die toneel gevind is,” het sy gesê.

Ryan het ook gesê die vier kan dalk later van moord aangekla word, afhangend van Theologo se toestand.

Wagner het in die hof gesê hy wil sy eie regsverteenwoordiging behartig. Van der Schyff het hom egter daarteen gewaarsku en aangeraai om eerder ’n regsverteenwoordiger te bekom.

Die vier moet weer volgende maand in die hof verskyn.

  • Me. Theonor Theologo, Theologo se tannie, het gistermiddag aan Wolfram Zwecker gesê haar herstel is ’n dag-vir-dag-proses.


Mnre. Lindon Wagner, Lester Evan Nathaniel Moody, Robin Harwood en Jeremy King gister buite die Johannesburg-streekhof.
Foto: Nelius Rademan

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 481 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1058 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE