Beslissing in die Karoo Beslissing in die Karoo

Beslissing in die Karoo

    • $9.99
    • $9.99

Publisher Description

Hans is ‘n jong Afrikaner in die stad wat die nuwe Suid-Afrika toenemend negatief beleef: misdaad is alomteenwoordig, Afrikaans word bedreig en daagliks beleef hy die minagting vir sy mense, hulle taal en kultuur. Sy liberale meisie voel egter nie soos hy nie en dit lei tot spanning tussen hulle. Hy en sy vriende op universiteit besluit om dit nie gelate te aanvaar nie en om te baklei vir dit wat vir hulle kosbaar is.


Op die platteland, waar plaasaanvalle aan die orde van die dag is, neem ‘n groep boere rondom Hennie Visagie die reg in eie hande om hulle te beskerm. Meeste Afrikaners wys onbegrip vir die versetpogings en die regering reageer hardhandig daarop.


Voor die dinge egter verder kan ontwikkel, dompel ‘n tragiese gebeurtenis die land in chaos en geweld.


Hans en sy vriende vlug na ‘n veilige hawe in die Karoo. Meer en meer Afrikaners sluit by hulle aan en bou aan ‘n nuwe toekoms. Hulle relatiewe vrede is egter van korte duur, want Malegapuru Mapinduzi duld geen Afrikanerselfbeskikking nie. Die oomblik het aangebreek waar Hans en sy medevolksgenote nie verder kan vlug nie, maar terug moet veg as hulle wil oorleef.

  • GENRE
    Arts & Entertainment
    RELEASED
    2012
    22 July
    LANGUAGE
    NL
    Dutch
    LENGTH
    452
    Pages
    PUBLISHER
    Pierre Marais
    SELLER
    Pierre Marais 1288421508
    SIZE
    36.2
    MB