‘Ses van die beste’ word glo gemaklik uitgedeel in Oos-Kaap

Kinders wat in die Oos-Kaap bly, ontvang glo meer pakslae as in enige ander provinsie in die land, het Statistiek SA (StatsSA) Donderdag gesê.

“Die veiligste plek om te wees as jy ʼn kind is blyk die Wes-Kaap te wees,” het Niel Roux, hoofopname-statistikus in Pretoria gesê. Luidens die StatsSA Algemene Huishoudingopname 2011 wat Donderdag vrygestel is, het slegs 4% van kinders in die Wes-Kaap pakslae ontvang. Sowat 30% van kinders in die Oos-Kaap buk glo gereeld vir die lat. In KwaZulu-Natal is dit 23% en in die Vrystaat 22%. Die Noord-Kaap, Noordwes, en Gauteng het elk afnames getoon sedert die vorige opname. Daar is egter sterk toenames in Limpopo van 9% in 2010 tot 19% in 2011. Daar was ook ʼn toename in die Oos-Kaap van 23% in 2010 tot 30% in 2011. Nasionaal weet sowat 17% van kinders wat “ses van die beste” beteken. Roux sê dié syfer bly redelik bestendig sedert StatsSA in 2011 oor pakslae begin opnames doen het, toe die getal op 16.8% gestaan het. StatsSA het sowat 30 000 huishoudings tussen Julie en September 2011 ondervra. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.